Monday, December 5, 2011

Van Coke Kartel - Wie's Bang

Van Coke Kartel
To all my English readers, please use your translator to translate it only seems right to do this in Afrikaans.

Die CD bekendstelling vir Van Coke Kartel Wie’s Bang het my omtrent  opgewonde gehad.  Ons was te Boksburg Barcode nader geroep om die okasie te kom vier.  Die aand was nog ‘n kleuter toe ek en my twee vriendinne daar arriveer.  Ek het stadig rond geloer om die skare se gevoelens uit te pluis.  Almal was woes besig om kiekies te neem en verseker dit vas te le in die geskiedenis van hul lewens.  Die aanloop na Van Coke Kartel was Klein bietjie ondraglik omdat ek vreeslik graag net die eerse rif deur my ore wou laat bars.

Van Coke Kartel
Die eerste oukie wat gesing het, shame ek kan nie nou sy naam onthou nie.  Hy het glad nie ‘n slegte stem gehad nie, maar ek kon my lag nie meer hou nie en wou net Van Coke he……

Die Tuin dwergies was soos in spanktastic en hulle het my baie aan Violent femmes in Afrikaans laat dink. Heehaa…. Ek sal se dit was die perfekte opkikkertjie vir die aand.  Die skare het hul geniet en ek kon self nie help om saam te sing nie...... 'n Band om dop te hou.
Facebook

Ek kon beslis nie my lag hou nie, al wat my rus vir my rustelose siel sou gee was Van Coke Kartel.  Weet nie of dit my ongeduld was nie maar dit het way te lank gevat vir hulle om te begin, maar soos jou ma altyd vir jou gese het.  "Goeie goed kom na die wat wag", dit was beslis presies wat ek nodig gehad het toe Van Coke Kartel Begin.  Ek het my brein verloor in die land van kleure en drank, sonder om te dink aan die eiende van die wereld en dit het aangehou tot die son uitgekom het....toe weet ek dis nou of nooit :)


Elektriese onbeheerbare uitspraak is waaroor dit gaan.  Mens kan nie help om saam te sing, saam te voel en vryheid te verklaar nie. Moet ons altyd stilbly oor als wat pla, kots en kou duer sagte stemme in ons voorhuise waar niemand hoor nie, wanneer gaan jy uitbasuim genoeg is nou genoeg.  Ek het die skare dopgehou en dit is duidelik hoekom Van Coke Kartel ‘n Steweige volgenskap het, hulle praat met ‘n mens, elke liewe persoon verstaan dat hier word geskiedenis gemaak. Dit is ‘n beweging van vreesloosheid, praat uit, spoeg uit als wat verkeerd is, als waaroor jy stilbly.
Facebook

Ek het dadelik vir myself die CD aangeskaf na die vertoning, net jammer ek kon nie almal se handtekeninge gekry het nie.  Jedi was darem vreeslik nice, so dit het gehelp *wink* *wink*

Staan op en gaan koop die CD, staan op en gaan luister na die lewendige opstanding in passievolle sang.
Al wat ek vra Wie’s Bang?



Alle Fotos deur Sean Brand Verskaf, regte voorbehou.

No comments: