Wednesday, October 3, 2012

Spoegwolf


Ek het dit goed gedink om oor Spoegwolf vandag te skryf, ook meer gepas om dit dan dus in Afrikaans te doen.

Ek het hul debut musiek Video so paar weke terug op MK beloer, ek kan dit goed onthou want ek het my oë toegemaak my siel gevoel en gedink dit is nou vir jou mooi.  Ek het op daai punt gedink ek wil hulle bietjie oploer en sien waarvoor hul staan, maar soos die lewe so vinnig rol, het ek vergeet.

Toe vandag sien ek pos op 'n vriendin se muur(facebook), waar sy ewe trots se mens moet uitkyk vir die ouens.  AHHHH, toe onthou ek hoe lekker diep ek na my eie taal verlang en hoe graag ek meer wil hoor.
Spoegwolf, gevra wat is in 'n naam? Ek sal antwoord: Moerse BAIE.  So my soektog na meer inligting begin vandag, ek wil beslis elke dag luister, die woorde ken, en kliphard saam sing.

Ag dankie tog vir "Lenie Blou" regtig pragtig so tussen die wonder en hoop dat niemand jou ooit so seer sal maak nie. Aaklig maar wonderlik dat iemand wel het want Spoegwolf het toe so geskryf in toon en stem, en sommer 'n hele klomp mense mee gevoer in genotvolle geluk.  Ek is versot op musiek wat jou diep laat voel, wat jou siel so skraap in die verby gaan, soos "die donker blou wat jou laat sukkel om asem te haal".  Hoe dan nou anders as om hulle op te soek, hoe dan nou anders as om net meer uit hul te wil krap.

Hoe kan musiek so mooi wees en nie elke dag gespeel word nie?  Vra ek jou, en vra ek my.

Gaan luister, gaan kyk, gaan voel.

Spoegwolf op Facebook
Soundcloud


No comments: